Kongregasionalistiese Kerk

Die Kongregasionalistiese kerk, Seepunt, ontwerp deur John Parker. Sir J.H. de Villiers het die hoeksteen op 6 Maart 1896 gelê.
Johannesburg se eerste Kongregasionalistiese kerk was op die hoek van End- en Breestraat en is in 1895 voltooi.
'n Kongregasionalistiese kerk in Massachusetts.

Die Kongregasionalistiese Kerk is 'n kerkgroepering wat spruit uit die puriteine van die sewentiende eeu.

Die Kongregasionaliste het sterk klem geplaas op die selfstandigheid en individualiteit van plaaslike gemeentes en het stukrag gekry nadat die Britse parlement in 1646 die Westminster-konfessie aanvaar het. Tydens Oliver Cromwell se bewind het hulle 'n vastrapplek in die Britse kerklike samelewing gekry.

Die groepering se leer is in die Savoy-verklaring van 1658 uiteengesit en daarin word die Westminster-konfessie merendeels aanvaar, buiten die afdeling oor kerklike regering en sinodes. Die kerk is na die Verenigde State van Amerika gebring deur puriteinse lidmate. Hulle verdraagsame en onafhanklike ingesteldheid het later 'n belangrike invloed op die Amerikaanse Vryheidsverklaring (1776) uitgeoefen.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search